8 maande gelede
Hy likes my nie, maar soek seks as hy dronk is
 ~ 

Liewe Antie Mona

Ek hou baie van ’n ou, maar ons is nie dieselfde ouderdom nie.

Ons het al so ’n paar keer seks gehad, maar hy hou nie so baie van my nie.

Elke naweek wanneer hy dronk is, wil hy hê ek moet met hom seks.

Wat moet ek doen? – via Whats­App

Jy moet begin verstand kry – dít is wat jy moet doen.

Hoe kan jy seks wil hê met ’n man wat nie eens van jou hou nie?

Liefie, daar is nou baie mense wat wonder wat in jou kop aangaan.

En deurdat hy net as hy dronk is tyd het vir jou, behoort jou mos te wys dat hierdie man jou net as sy “uithelper” sien.

Hou op dat hierdie man jou so misbruik en hou op dom wees.

Of dink jy jy kan nie beter kry as ’n man wat net in jou belang stel wanneer hy dronk is nie?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters