3 maande gelede
Hy kan 'n beter outjie vir kerkmeisie wees
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS in dieselfde kerk as ’n meisie wat ek eye.Sy is baie mooi, Antie, en het die mooiste smile.

My hart gee altyd ’n spring as ek haar sien.

Sy het ’n outjie en hulle twee lyk ernstig oor mekaar. Maar ek dink ek kan ’n beter outjie vir haar wees.

Ek sal haar alles gee wat haar hart begeer. Dink Antie ek moet my luck by haar try? – Verlief, WhatsApp

Alles gee wat haar hart begeer?

Pasop vir sulke tipe beloftes maak, want dit kan jou duur te staan kom.

Jy sê dan self dat hierdie couple gelukkig lyk. So, wat laat jou dink dat jy ’n kans by haar staan?

Nêrens mention jy dat sy al ooit met jou geflirt het, behalwe om net vriendelik met jou te wees nie.

Stop maar liewer hierdie verlief-lorrie en kry vir jou ’n girlfriend wat nie klaar iemand in haar lewe het nie. Sy gaan nie weer so nice met jou smile as jy jou luck gaan try nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters