5 maande gelede
Hy is baie lief vir sy vrou én sy skelmpie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS baie lief vir my vrou, maar ook lief vir my skelmpie.

Ek is reeds 15 jaar getroud, maar ek en my skelmpie kom al ’n volle 7 jaar aan.

My vrou het nie ’n clue dat ek haar verneuk nie en ek is nie van plan dat sy moet uitvind nie.

Ek is nie lus vir skei nie.

Antie sien, my vrou is baie vaak in die bed en dis hoekom ek vir my ’n skelmpie gekry het.

By haar kry ek alles wat mal is, alle styles, you name it.

My vrou is een van daai kerkvroue wat glo jy lê net dat jou man die hopwerk doen.

My skelmpie verstaan my. Sy het twee kinders en een van hulle is myne.

Ek sorg vir my kind en solank ek my skelmpie bederf, bly sy stil.

Ek is nie lus vir skei en die helfte van my pension verloor nie.

Maar as my vrou sou sterf, sal ek beslis met my skelmpie trou, want sy is tops! Sugar Daddy, WhatsApp

Pasop dat Sugar Daddy se luck nie uitloop nie.

Jy klink baie opgemaak met jouself.

Jy is heel skaamteloos oor jou egbreuk en die way hoe jy jou arme vrou verneuk.

Seks is nie alles in die lewe nie en as jy dit nóú nog nie agtergekom het nie, sal jy dit seker nooit besef nie.

Eendag gaan ál jou dinge op die lappe kom en dan gaan jy ever sorry wees.

Moenie sê jy is nie hieroor gewarn nie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters