Verlede maand
Hy het ’n ding aan met twee getroude broers
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS E van PE, 36 jaar oud en is deurmekaar met twee broers. Hulle albei is getroud, maar ons is besig met mekaar.

Hulle weet van mekaar en een is jaloers as ek by die ander een is. Ons al drie is vriende en het nooit gedink ons sal gay-bedrywighede aangaan nie.

Ek wil ontslae raak van hulle in my lewe, maar ek is baie oor hulle, want ons is al baie jare vriende. Dis moeilik, want ons kan nie wegbly van mekaar af nie en met elke kuier wil ons met mekaar speel.

Hoe stop ons dit? Hulle is bereid om hulle vroue net so te los in die aand as die koors hoog is.

Dan soek hulle my vir plesier. E van PE, WhatsApp

’n Koors is niks anders as ’n normale, gesonde reaksie van die liggaam op ’n infeksie deur ’n virus/bakterie nie. Daar is egter niks normaals aan die koors waaraan hierdie twee broers suffer nie.

Waar daar nog Adviltjies gevat kan word vir ware koors, is daar geen cure vir jags-koors nie. Die rondmorsery kan julle almal laat opeindig met ’n virus wat nie ken van ophou pla nie. En wat as hulle onskuldige vroue ook aangesteek word?

Wat julle doen, is nie mooi nie. Wees tog ’n nice mens – nie ’n medepligtige huisopbreker nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters