4 maande gelede
Hy help eks en sy eks help hom
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona­

EK IS geskei en het twee kinders by my eks.

Ek weet nie of ek nog verlief is op haar nie, maar ek kan haar nie uit my kop kry nie.

Sy sukkel so ’n bietjie finansieel en ek help haar altyd uit.

Dan doen sy my altyd ’n gunsie deur seks met my te hê. Ek dink sy smokkel met my kop, maar aan die ander kant dink ek sy is nog lief vir my.

Antie, ek dink sy is bang oor wat haar familie en vriende gaan sê. As ons chat, praat ons diep dinge.

Dis nogal lekker. Ons albei sien ander mense, maar as ons bymekaar is, vergeet ons daarvan.

Ek voel skuldig omdat ek haar destyds gelos het. Daarom gee ek enigiets waarvoor sy vra.

Dink Antie sy weet dit en vat advantage van my? Moet ek heeltyd skuldig voel oor wat ek gedoen het?

Wat moet ek doen? Sy sit my in ’n tweestryd met myself. Confused Eks, WhatsApp

Nee wat, Antie dink julle albei smokkel met mekaar se koppe.

Jou eksvrou gebruik jou om haar finansieel uit te help en jy betaal haar vir seks.

Julle justify dit deur julle wys te maak daar is niks daarmee verkeerd nie omdat julle getroud was en mos as ’n getroude paartjie saam geslaap het.

Hierdie arrangement sou seker fine gewees het – as daar nie ander partye involved was nie.

Maar sy het ’n berk en jy het ’n ander vrou in jou lewe. En hulle weet van g’n sout of water nie.

Selfs al het jy en jou eks nog gevoelens vir mekaar, dink jy dis fair om die ander so aan ’n lyntjie te hou?

Hoekom clear jy en jou eks nie ’n bietjie die air en gesels oor hierdie ding nie?

Dis tyd dat julle establish waarmee julle besig is: Uithelp-seks? Ou-liefde-roes-nooit-seks? Ons-is-steeds-lief-vir-mekaar-seks?

Besluit wat presies julle wil hê, want op die huidige oomblik mors julle met die ander twee se gevoelens.

Dis mos nie mooi nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters