9 dae gelede
Hy bied werk aan inruil vir seks
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET iets wat my nou al die afgelope jaar pla.

Ek is ’n inwoner van C en my kind is by die plaas­like laerskool.

Antie, ek het gaan praat met die voorsitter van die skoolbeheerliggaam vir ’n werk in die skool se kombuis aangesien ek nie ’n inkomste het nie.

Hy het gesê ek moet eers met hom slaap. Hy is getroud.

Hy het klaar ’n seksuele verhouding met ’n vrou wat klaar by die skool werk.

Ek is desperaat vir ’n werk, maar is nie gemaklik met die gedagte dat ek my liggaam moet verkoop vir ’n werk nie.

Wat maak ek in hierdie geval? – Desperate Ma, WhatsApp

Vrou, jy is absoluut reg deur nie hierdie siek jong sy jagse sin te gee nie.

Wat hy in daardie posisie soek, gaan Antie se verstand te bowe, want hy hoort glad nie daar nie.

Hy is ’n gewetenlose sexual predator wat mense se desperaatheid vir werk wil uitbuit.

Probeer om hom en sy vies­like voorstel in die geheim te record.

Kontak dan die skool en jou plaaslike onderwysdistrikskantoor en vra dat daar teen hierdie spulse ding opgetree moet word.

Laat dit die laaste keer wees dat hy met sy spulse streke wegkom.

Probeer evidence opbou, want op die ou einde gaan hy jou afstry as jy nie bewyse het nie.

Sy optrede is heeltemal onaanvaarbaar.

Mense soos hy moet selfs nie eens in die kapasiteit van ’n boomblaartjie op skoolgronde werksaam wees nie.

Kom ons hoop dat hy met jou hulp gou van daai skool af weg­gejaag kan word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters