3 maande gelede
Huwelik is af en aan ná man se gejollery
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my man is al ses jaar getroud. Nou, in die sewende jaar, het hy gejol.

Ons het gestry en ek is weg van hom af, maar ek het toe teruggekom.

Alles was oukei, maar hy was weer by haar en hy het gegaan vir skei.

Toe hy gaan vir skei, het ek weer uitgetrek. Voordat ons ’n skeidatum gekry het, het ons weer opgemaak en ons is nou weer saam.

Maar ek vertrou hom nie meer nie. Moet ek hom maar vir goed los en aangaan met my lewe?

Gee raad, asseblief, Antie. – FS van Goodwood, WhatsApp

Geen verhouding is ooit weer dieselfde nadat trust die pad gevat het nie. Antie dink dit is wat jy nou besef het, want die vrae en agterdog hou aan om deur jou kop te maal.

Wat gaan jy maak as jou man hom net vir nou gedra?

Wat gaan jy maak as daai zip van hom weer begin jeuk en sy voël lelik skree om losgelaat te word?

As jy nie meer kans sien vir hierdie huwelik nie, moet jy plak vasmaak, hom so sê en die skeiproses afge­handel kry.

Dit baat nie jy beur hierdie kant toe en dan daardie kant toe in jou huwelik nie.

Besluit wat jou gelukkig gaan maak en volstaan daarby.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters