24 dae gelede
Hubby laat los girl kreukels uitstryk
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS C van die Noord-Kaap en ek weet nie meer wat om te dink nie.

So drie jaar gelede het die een spier in my linkerarm begin styftrek.

Nou, Antie, hier oorkant my bly ’n meisie wat baie sleg is. Sy sal enige iets doen vir kos. Sy sal selfs haar lyf koop.

Ek dink sy en my man het iets aan, want elke keer wanneer hy dronk is, gaan soek hy haar op.

Hy is gewoond daaraan om sy eie klere te stryk, maar deesdae vra hy haar om dit te doen. Hy vra haar om alles te doen.

Het ek rede om bekommerd te wees? – via WhatsApp

Antie reken jy moet ondersoek instel. Stap ’n bietjie oor na haar huis toe wanneer hy daar is en gaan maak seker sy stryk sy klere en nie iets anders nie.

Op die oomblik sit jy net met jou suspicions. Dit baat nie jy gaan hom vra nie, want hy gaan net stry.

Hierdie meisie het ’n reputasie vir als vir kos doen, soos jy gesê het.

Dus is daar mos nou die possibility dat sy strykwerk ook vir ’n beloning sal doen.

Wag so ’n rukkie nadat hy met sy ongestrykte klere oorgestap het, dan gaan loer jy wat daar aangaan.

Só sal jy mos uitvind wie stryk vir wie.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters