2 maande gelede
Hoe stop ek lekkerte met bestie se berk?
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS A van Darling en ek en my beste vriendin se ou het elke aand seks.

Sy weet nie van ons wat hierdie plesierige dinge aanvang nie.

Ek voel baie sleg oor ek haar nie daarvan vertel nie.

Het Antie nie raad vir my om hierdie lekkerny te stop nie, asseblief? A van Darling

Antie kan nie aan één mens dink wat jou as ’n beste vriend wil hê nie.

Veral nie omdat jy jou beste vriendin so gruwelik indoen nie.

Dis natuurlik nie net jou skuld nie. Jy en dié sogenaamde kêrel van jou vriendin is ewe sleg en behoort julle te skaam.

Jy sê jy voel sleg oor die seksery, maar duidelik voel jy nie sleg genoeg as jy elke aand met jou vriendin se outjie kan lê nie.

En waar kry hierdie outjie nogal tyd om elke aand met jou binneboud te lê?

Het hy dan nie tyd vir sy eie girlfriend nie?

Surely moes sy teen hierdie tyd al agtergekom het iets is nie pluis nie.

Die waarheid het ’n manier om altyd uit te kom. Altyd!

En wanneer dit gáán gebeur, gaan julle vriendskap in sy tjops wees.

Is dit dan so moeilik om iemand te kry wat nie reeds iemand anders s’n is nie?

Hierdie “lekkerny” is net ’n vinger lank.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters