15 dae gelede
Hoe gemaak om die Lotto te wen?
Auntie Mona
Auntie Mona  ~ ~

Liewe Antie Mona

MY MAN speel soms die Lotto, maar wen nooit nie. Ek soek raad by Antie, want ek wil weet wat my man kan maak om ook die Lotto te wen.

Ons het dringend geld nodig. – J van W, WhatsApp

Weet jy, liefie, as Antie daai resep gehad het, was ek nou permanent afgetree op een of ander exotic eiland.

Antie is mos maar, soos die res van ons almal, met die resep van swaarkry vertroud.

Rykdom of al die geld in die wêreld is ongelukkig nie iets wat in jou skoot val nie.

Slegs jare lange werk en opofferinge kan jou banksaldo laat groei.

Hier en daar wen iemand dalk groot in die Nasionale Lotery, maar vir baie van ons bly dit net ’n droom.

Daar is selfs mense wat na san­gomas en ander kamstige tradi­tional healers hardloop vir die “wennommers” of ’n olie om aan hulle bankkaarte te smeer wat glo hulle geld sal vermeerder.

Die absolute waarheid is egter dat hierdie mense jou net indoen en hulleself verryk deur ander se onkunde.

Vasbyt en deurdruk is maar die sleutel tot ’n beter lewe.

Kyk na die moontlikheid van ’n besigheidsidee. Dink aan ’n innoverende idee wat die wêreld nodig het en wat jou dalk geld in die sak kan bring.

Geld groei dalk nie aan ’n boom nie, maar die idees in jou kop kan tjieng in jou bankrekening teweeg bring.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters