2 maande gelede
Hart verhard teenoor ou wat drink
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS M van K en wil graag weet hoe ’n mens regtig weet of iemand lief is vir jou.

Antie, om eerlik te wees, ek was nog nooit in ’n ernstige verhouding nie.

Ek het ’n 14-jarige seun en ek en sy pa was nooit rêrig ernstig met mekaar nie.

Dit was ook maar net ’n one-night stand.

Daar is iemand saam met wie ek kuier. Ons kom nou al ’n lang pad saam.

Ons het al saam geslaap, maar ons bly stry.

Hy het gesê hy is lief vir my, maar hy is ’n ander mens as hy drank in sy lyf het. Nou het ek my hart verhard vir hom.

Ek kan hom egter steeds nie uit my gedagtes kry nie.

Ek dink elke dag, uur en oomblik aan hom.

Hoe maak ek Antie? Moet ek maar let go? – M van K, WhatsApp

Drank kan ’n etter in ’n verhouding of huwelik wees.

Nie almal kan hulle drankie verantwoordelik vat sonder om uit te rafel wat karakter en maniere betref nie.

En soos wat jy nou agtergekom het, is hierdie outjie ’n heel ander mens as hy Bacchus se hoesstroop in sy lyf het.

Hy is seker een van daai mense wat nie tot by 10 kan tel as hulle nugter is nie.

Liefie, Antie glo altyd – as drank nie vir almal van ons is nie, is dit beter om daarvan weg te bly.

Daar is veels te veel dinge wat opgeneuk kan word wanneer ’n mens nie nugter van verstand is nie.

Dus hang dit van hierdie outjie af hoe hy sy liefde vir drank opweeg teen dit wat hy met jou het.

Aan die einde van die dag sal hy moet kies tussen jou en die drank; daar is nie ’n ander nommer nie.

Dinge gaan byvoorbeeld net verder gekompliseer word as jy nog ’n kind ook by so ’n man moet kry.

As hy nie sy habits wil of kan verander nie, gaan die probleme later net erger raak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters