10 dae gelede
Haar riller van 'n skoonma maak haar lewe hel
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS reeds 35 jaar getroud, maar ek’s baie hartseer, want my skoonma maak my lewe hel.

Sy beskuldig my van jollery omdat sy die buurman langsaan smaak. Nou is ek ’n bedreiging, terwyl sy goed weet ek is getroud met haar seun.

Om dinge erger te maak, bly ons nog onder een dak ook. Ongelukkig via WhatsApp

Vrou, as jy reeds ’n volle 35 jaar getroud is, dan is jou skoonma mos al ’n mooi ouderdom.

Om nie te praat van op daai ouderdom nog so agter ’n man aan te wil wees nie.

Maar tussen ons twee gesê, as ek jy was, sou ek haar gehelp het om die romance te laat blom.

As sy regkom, dan is sy ten minste langsaan en nie meer onder dieselfde dak as jy nie. Of hoe?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters