3 maande gelede
Haar ou wonder oor sy kids by ‘lesbian’
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona­

EK GAAN met ’n ou uit wat ’n kind het by ’n lesbian.

Hy betaal ook vir die tweede kind van haar, maar hy vermoed daardie kind is nie syne nie.

Die kind lyk soos die ander klong en sy mense.

Die lesbian en haar familie agtervolg ons oral en hou elke beweging van ons dop.

Gisteraand het ons hulle gevang waar hulle goed gooi vir my en my boyfriend. Toe skrik hulle.

Die lesbian werk nie, maar verwag R2 000 elke maand – R1 000 per kind.

Maar die tweede kind is dan nie syne nie. So, wat staan ons te doen, Antie? – Bekommerde Girlfriend, WhatsApp

So, omdat die twee kinders nie na mekaar trek nie, vermoed hy die tweede enetjie is nie syne nie?

As daar enige doubts by hom is, is dit sy volste reg om op ’n vaderskapstoets aan te dring. Dan sal hy mos weet wat klap vir wat.

Maar Antie vermoed dat dit hier meer gaan oor al die geld wat hy moet opdok. As dit gaan oor die behoeftes van ’n kind, moet geld nooit ’n issue wees nie.

Maar as dit hom pla dat hy nou minder geld het om op jou as sy girlfriend te spend, kan hy ook na die maintenance court gaan. Daar kan hy ’n landdros vra om ’n maandelikse bedrag vas te stel.

Toe hy met haar geslaap het, het dit hom nie gepla dat sy lesbian en werkloos is nie.

So, waar brand dit eintlik regtig? En hier praat Antie nie nou van die goeters wat haar familie kamma-likes julle kant toe gooi nie ...


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters