3 maande gelede
Haar ou wonder oor sy kids by ‘lesbian’
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS A van Elsiesrivier en is 19 jaar oud.

Ek is verlief op ’n ou wat 31 jaar oud is en hy het die oulikste seuntjie ooit.

Ek weet nie of hy dieselfde voel oor my nie. Ek weet nie eens hoe om te react as ek naby hom is nie.

Hy maak my so mal. Ons het al ’n paar keer saam geslaap en as ek hom sien, weet ek nie eens watter kant toe nie.

My vriende sê ook dis so obvious dat ek verlief is op hom, maar ek kan net nie die courage kry om vir hom te sê hoe ek regtig voel nie.

Ek weet hy’s ver ouer as ek, maar ouderdom maak mos nie saak as hy my happy maak nie.

Ek soek net raad hoe om vir hom te sê hoe ek oor hom voel.

Hy beteken regtig baie vir my.– A van Elsiesrivier, WhatsApp­

Liefie, as jy die courage het om met hierdie man te slaap, behoort jy mos ook die vrymoedigheid te hê om hom te sê hoe jy oor hom voel.

Dan kan jy sommer sien waar hy uithou en of dit nie net vir hom oor seks gaan nie.

Maak nie saak hoe oulik daai seuntjie van hom is nie, ’n verhouding met ’n ouer man (wat nog ’n kind ook het) gaan nie ’n walk in the park wees nie.

Komplikasies galore gaan daar wees. Daar is jou mense en wat hulle hiervan gaan dink, sy familie, sy kind se ma ...

Is jy regtig lus vir al hierdie moontlike drama in jou lewe?

Die besluit is egter joune. Maar moenie toelaat dat hierdie man jou net vir seks gebruik nie.

Vertel hom van jou gevoelens en dan sal jy weet waar jy staan met hom.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters