5 dae gelede
Haar man en suster knyp kat in die donker
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WEET nie eens waar om te begin nie, want alles is so ’n lelike gemors.

Sal ek dan nie nou laas week uitvind my man en my suster het al jare lank ’n ding aan nie?

Antie, ek (fool wat ek is) het al die jare gedink hulle is maar net close.

Oor die jare was daar stories en haar man het my ook al gesê dit is nie normaal dat my man en my suster so geheg aan mekaar is nie.

Maar ek het dit altyd net afgemaak en my nie veel daaraan gesteur nie.

Totdat ek hulle laas week vang soen het. Antie, dit was nie ’n piksoentjie tussen ’n skoonbroer en skoonsuster nie. Dit was ’n gevry soos wat my man oor die jare nog nooit met my gevry het nie.

Ek het so groot geskrik dat ek die bak slaai net daar laat val het.

Hulle albei was asvaal en het hulle uit die voete gemaak.

My man slaap nou nie meer saam met my in een kamer nie.

Ek wil oor die saak praat, want ek is kwaad. Maar hy sê hy het niks vir my te sê nie.

Hoe maak ek in hierdie geval, Antie­? Dit voel asof ek hulle albei morsdood kan wurg. – Ontnugter, WhatsApp

Wat jy ook al doen, moet asseblief net nie iets aanvang wat jou agter tralies kan laat beland nie.

So sleg soos hulle albei mag wees, is hulle nie worth dat jy jou lewe weggooi oor hulle nie.

Natuurlik moes dit ’n major shock vir jou gewees het – veral oor jy oor die jare nie veel note wou vat van die stories oor hulle nie.

Maar nou weet jy. En nou sal jy ’n besluit moet neem.

Maak nie saak hoe jou man nou ewe skielik nie lus vir praat is nie, hierdie is nie iets wat net in die lug kan hang nie.

Uiteindelik sal jy uitsluitsel moet kry, want jy is die een wat sal moet besluit wat die future vir jou inhou.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters