4 maande gelede
Haar kinders se pa wys nie sy liefde
Antie Mona
 ~ 

Liewe Antie Mona

EK SKRYF aan Antie met ’n baie seer hart.

Ek weet skaars waar om te begin. Ek en L is vyf jaar saam en ek is baie lief vir hom.

Ek het twee kinders van hom, Antie. Hy werk baie hard, maar ek sien nooit sy geld nie.

Hy koop ’n paar goed, maar dan sê hy vir my sy geld is op.

As ek met hom daaroor praat, dan vloek en skel hy my lelik uit.

As hy by sy family is, dan treat hy my soos ’n gemors. Sy ma is nie baie oor my nie en hy het nie veel tyd vir sy kinders nie.

Wegsteek

As hy uit die werk uit kom, wil hy skaars sy kinders ’n drukkie gee. Ons bly saam.

Hy het my mense belowe hy gaan mooi na my kyk, maar nou treat hy my sleg.

As ek tussen my mense is, moet ek maar my hartseer wegsteek.

Ek weet nie of ek moet bly of loop nie. Ek werk nie.

Ons sou getrou het, maar alles is nou stil.

Ek lê en huil saans langs hom.

Al tyd wanneer hy my ken, is wanneer ons twee moet gaan lê.

Ek weet nie meer watter kant toe nie, Antie.

My mense gaan my nie terugvat nie, want hy het belowe om agter my te kyk.

Wat staan my te doen? Dink Antie hy is lief vir my en ons kinders? Hartseer, WhatsApp

As hy vir jou en die kinders lief is, steek hy dit baie goed weg.

As hy lief was vir jou, sou hy jou mos nie soos dirt getreat het nie.

Jy sien, hy (nes baie ander vuil uile in sy posisie) dink dat hy vir jou sorg en jy dus aan hom behoort.

Hierdie is ’n cycle wat net jy kan verbreek.

Kom weg daar. Kry vir jou ’n werk en staan op jou eie voete. Jy hoef nie verleë vir hom en sy bietjie geld te wees nie.

Antie kry anyway die idee dat hy die majority van sy geld op ander plekke spend as by julle.

Jou familie sal jou nooit verstoot nie, want dis nie jou skuld dat hy nie by sy beloftes gehou het nie.

Jy hoef nie in stilte te suffer nie en behoort in jou familie te confide.

Wanneer hulle eers hoor van al die dinge wat jy moet deurmaak, gaan hulle daarop aandring dat jy weg van hierdie man moet kom.

Hierdie is egter ’n besluit wat net jy kan neem.

Maar jy moet jou mind vinnig opmaak, want nes jy suffer jou kinders ook onder hierdie liefdelose en gevoellose man.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters