4 maande gelede
Haar hubby paartie met ’n 18-jarige girl
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY MAN en ek is al 14 jaar getroud, maar hy was deurmekaar met ’n 18-jarige meisie.

Laas jaar het hulle dronknes gehou en hy is toe eers in die oggendure weg van haar af.

Hy stry egter en sê hulle het nie ’n ding aan nie.

Maar hulle bly permanent met mekaar op WhatsApp chat en as ek hom uitvra, dan sê hy hulle is net vriende.

Sy selfoon het ’n PIN op. Wat staan my te doen, Antie? – Hartseer Vrou, WhatsApp

Nou, watse vriendskap kan ’n getroude man dan met ’n 18-jarige meisie hê?

’n Meisie wat so jonk is en boonop heelnag met ’n getroude man kan spend?

Antie praat nie eens oor hulle lang chats en die PIN op sy phone nie.

Baie mense secure om verskillende redes hulle selfoon, maar die omstandighede rondom jou man se geheimsinnigheid lyk plainweg net dodgy.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters