28 dae gelede
Haar 'alles' vry nog steeds rond
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS R van N en dit is vir my so hartseer oor wat ek tans moet deurmaak.

Ek is tans in ’n verhouding – ek weet nie eens of ’n mens dit ’n verhouding kan noem nie.

My boyfriend sê hy is lief vir my, maar dit voel nie vir my so nie.

Hy vry dan nog steeds rond. As hy by my is, voel dit hy kan nie wag om weg te kom nie.

Ek is baie lief vir hom. Hy weet dit.

Ek doen selfs die dinge waarvan ek nie hou nie, net om by hom te bly, want hy is my alles.

Help tog, asseblief! R van N, WhatsApp

Soos met die vorige brief, gaan Antie dit weer sê: Jy kan nie jou lewe om iemand anders bou nie.

Hy kan nie jou alles wil wees nie. Jy en jou drome behoort ook te kan tel vir iets.

Hier sit jy met ’n outjie wat duidelik nie voel oor jou soos jy oor hom nie.

Wat keer jou om hierdie verhouding te beëindig? Liefde? Liefde wat van een kant af kom?

Met hoeveel meisies moet hy dan nog vry voordat jou oë oopgaan?

Daar is meer as genoeg visse in die see. Visse wat jou nie dinge gaan laat doen wat jy nie eintlik wil doen nie.

Hierdie outjie van jou het nie ’n goue voël wat maak dat jy in niemand anders belang kan stel nie.

Aan die einde van die dag gaan jy ’n victim van jou eie besluite bly, totdat jy die dag besef dit is glad nie die moeite werd om soveel liefde uit te stort op iemand wat dit nie verdien nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters