2 maande gelede
Girl wat op twee ouens play is nou swanger
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK SUSPECT ek is swanger, maar het dit nog vir niemand gesê nie.

Ek het seks met D en B gehad en weet nie wie van hulle die pa is nie.

D en B weet nie ek play hulle nie. Ek is lief vir D, maar B weet hoe om my te spoil en goed oor myself te laat voel.

Ek weet nie wat ek gaan maak as ek pregnant is nie. Ek is maar nou eers 22 jaar oud. – Confused, WhatsApp

Liewe mens, jy het nie ’n man nodig om goed oor jouself te voel nie.

Confidence is ’n tuin binne jou wat jy self water moet gee sodat dit kan aanhou groei.

Hoe kan jy beter voel deur unprotected seks met twee ouens te hê? Kyk in watter dilemma het dit jou nou gelaat.

Doen ’n swangerskaptoets. Vir jou onthalwe hoop Antie jy is nie swanger nie en hierdie hele experience sal ’n eye-opener vir jou wees.

As jy swanger is, hoop ek jy besef jy sal dit nie geheim kan hou nie. Jou ouers gaan uitvind en jy sal ook die twee ouens in kennis moet stel.

Dan sal daar ’n vaderskapstoets gedoen moet word. Dit kan baie traumaties en stresvol wees, maar dit is nodig sodat jou kind weet wie sy of haar pa is en sodat hierdie pa sy verantwoordelikhede kan nakom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters