10 maande gelede
Girl slaap per ongeluk met bestie se berk
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET met my beste vriendin se boyfriend geslaap.

Ek het nie daarvoor gevra nie; dit het net gebeur.

Ons het mekaar ’n maand gelede by ’n paartie raakgeloop. Hy was alleen.

Sy was nie saam nie, want sy het onlangs hulle baba gehad. Ons het aan die dans en gesels geraak. Hy het uitgepak teenoor my.

Hy’t gesê dinge is op die oomblik nie lekker tussen hulle nie, want sy skeep hom af en sy bly moeg.

Ek het hom so jammer gekry, want hy het regtig hartseer gelyk.

Toe soen hy my. Ek het dit nie expect nie, want ek was eers geskok, maar toe soen ek hom terug.

Ons is toe na sy flat, waar ons die lekkerste seks gehad het.

Antie, hy is ’n baie sexy outjie en hy ken beslis van vry … en seks.

Dit was die lekkerste seks wat ek al ooit gehad het.

Ons het ’n hele paar keer daarna weer saamgeslaap, maar nou voel ek guilty.

Ek en sy meisie kom al ’n ver pad saam.

Ek’t haar al ’n hele paar keer gaan visit om die baby te sien.

Nou kan ek haar nie in die oë kyk nie. Ek wil dit nie aan haar doen nie, maar ek kan ook nie wegbly van haar outjie af nie.

Ek wil nie meer so wees nie, maar ek dink ek begin gevoelens vir hom ontwikkel.

Gee raad, asseblief! – Voel Skuldig, WhatsApp

Jy behóórt skuldig te voel … en jou te skaam.

Om met iemand anders se boy­friend te slaap, gebeur nie net nie.

Jagsheid val nie net uit die lug uit nie. As dit een keer was, kon jy seker aanvoer dat jy ’n fout gemaak het. Maar jy slaap dan stééds met hom.

Natuurlik sal sy hom afskeep.

Genade, daar is dan nou ’n kind wat ál haar aandag nodig het. En pleks van haar bystaan en dinge ligter vir haar maak, gebruik hy sy vrye tyd om met jou te hoer.

En fool wat jy is, val jy natuurlik elke keer vir hom.

Antie hoop jy besef hy gebruik jou net om sy rug leeg te maak.

Wanneer sy meisie weer tyd vir hom het, gaan hy nie meer vir jou tyd hê nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters