Verlede maand
Girl se rustigheid maak haar berk bekommerd
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 43 jaar oud en het so drie maande gelede ’n meisie ontmoet.Sy is 25 jaar oud. Tydens ons eerste ontmoeting het ek haar ’n bietjie afgejak omdat ek nie vatterigheid aan haar kon kry nie.

Ná ’n week het ek besef ek moet haar om verskoning vra omdat sy daardie naweek heeltyd op my mind was.

Sy het my verskoning aanvaar en ek het gesê dat ek aangetrokke tot haar voel. Sy’t dieselfde gevoel.

Ons het saam besluit om haar ma te gaan sien omdat ek nie daarvan hou om op hoeke en strate te staan nie. Ek het aan die ma gesê ons het besluit om dinge stadig te vat.

Sy was baie ingenome hiermee en gesê ek was die eerste ou wat oor haar drumpel kom en kom sê hy stel belang in haar meisiekind.

Ek woon in die stad waar ek inslaap, en die meisie bly op die platteland. Dit beteken ons sien mekaar net twee keer ’n maand.

My concern is dat sy te rustig is. As ek nie deur die dag of saans met haar kan chat nie, sal sy my nooit pla nie. Al wat sy net wil weet, is wanneer ek kom kuier.

Dink Antie ek is verniet bekommerd, of het sy dalk iemand wat haar besig hou? Haar ma het gesê sy het vroeër by sjebeens en clubs uitgehang, maar vandat ons saam is, is sy baie rustig.

As ek gaan kuier, gaan ons clubs toe, maar ek is nie een wat baie lank by sulke plekke uithang nie. Is ek verniet bekommerd? – Bekommerde Boy­friend, WhatsApp

Nou is sy te rustig na jou sin? Dit nadat jy ingestem het om dinge vir eers rustig te vat?

Nou pla dit jou dat sy nie soos ’n lastige vlieg om jou draai nie. Verkies jy dat sy jou 24/7 verpes?

Dalk moet jy vir jou werk naby haar kry sodat die stemmetjies wat in jou oor fluister, tot rus kan kom.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters