14 dae gelede
Girl maak nou moves op my beste tjommie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK DINK my meisie verneuk my. Sy hou skool in Saoedi-Arabië en verneuk my met my vriend.

Hy vertel my alles wat sy vir hom sê. Sy stuur tot naakfoto’s aan hom.

Ek weet nie meer wat om te maak nie. Ek is baie lief vir haar.

Kan Antie vir my raad gee, asseblief? – Verliefde Boyfriend, WhatsApp

Wat jy met ’n girlfriend en vriend soos daai soek, gaan Antie se verstand te bowe.

Albei van hulle is nie ’n duit gepla oor jou feelings nie.

Dalk is dit hul cruel way om jou te vertel dat húlle twee eintlik die item is?

Antie is seker daarvan dat hierdie meisie weet dat jou sogenaamde vriend hierdie kaalstert-pics aan jou wys. Dit sal beter wees as jy albei van hulle in hul maai stuur.

Hierdie meisie is nie lief vir jou nie en daai sogenaamde vriend is nie jou vriendskap werd nie.

Jy sal beter af wees sonder albei van hulle in jou lewe.

Liewe Antie Mona

KAN ’n mens so siek wees, Antie?

My buurvrou vry met die buurman en omdat sy sleg is, soek sy nou maatjies om saam met haar sleg te wees.

Sy verkoop haar lyf baiekeer om aan die lewe te bly en om mooi te kan aantrek.

Sy het vier mooi kinders, maar daardie kinders moet pal k*k lyk, met pa en al.

Antie, hierdie buurvrou los baiekeer haar kinders alleen, vuil en honger. Maar dan is sy uitgevat op straat en maak jag op ander vroue se mans.

Sy het ’n baie stil en eerlike man wat nie rondloop nie.

Sy steek nou nie eers meer haar sleggeit weg nie. – Bekommerde Buurvrou, Whats­App

Wat haar lyf-advertensies en gehoer betref, behoort haar man vir ’n slag uit sy dop te kruip en sy stem dik te maak.

Antie se eintlike concern is die kinders wat aan hierdie toestande blootgestel word.

Hulle het vier kinders wat veronderstel is om na gekyk te word.

Soos wat dit vir my lyk, word hierdie kinders abuse. Die Sassa-toelae wat hulle in alle waarskynlikheid kry, word uitgehoer.

Wees ’n goeie neighbour en bring dit onder die aandag van jul naaste social worker.

Dit baat nie jy hou score van hierdie vroue se gehoer en merk net verlangs op hoe hierdie kinders gruwelik mishandel word nie. Veels te dikwels word hierdie tipe abuse in gemeenskappe ge-entertain omdat niemand wil opstaan teen hierdie vorm van mishandeling nie.

Om ’n kind te abuse is een van die grootste sondes wat jy kan pleeg. Om handjies gevou dié dinge te aanskou en niks daaraan te doen nie, is in Antie se oë ewe erg.

As jy meer omgee vir die lot van hierdie kinders as om jou te worry oor jou buurvrou se sondes, sal jy die verskil wees wat hierdie kinders so broodnodig het.

So, asseblief, bel die welsyn sodat hierdie kinders se suffering tot ’n einde kan kom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters