17 dae gelede
Girl bekommerd haar berk slaap dalk rond
Auntie Mona
Auntie Mona  ~ ~

Liewe Antie Mona

EK EN my boyfriend is albei 25 jaar oud.

Ek is nie veel van ’n drinker nie, maar hy drink elke naweek.

Dan kom hy laat by die huis aan. Ek bly in die huis van my ma, wat in 2012 gesterf het. Hy bly nou hier saam met my en ons baba van twee maande oud.

Antie, hy los ons elke naweek alleen by die huis en kom dan eers diep in die nag huis toe.

Dan vertel hy my hy was by sy broer of by sy vriende.

Ek is net bang hy seks rond, steek my aan met een of ander siekte en wil my aan die einde van die dag dan daarvan beskuldig dat ek hom ’n siekte gegee het.

Hy skel my ook uit en sê ek is sleg en n**i rond.

Wat maak ek in hierdie geval, Antie? – SS, WhatsApp

H’mmm, en hulle sê mos dis hoeka hulle wat so oor jol skel, wat agter daai jol-deur staan.

Liefie, jy weet mos dat wat hy sê, nie waar is nie.

Maar met mans soos daai kan jy maar jou saak stel totdat jy blou in die gesig is, hy sal aanhou om sy eie kop se goeters te glo.

Wat Antie nie kan verstaan nie, is dat jy hierdie jong toelaat om jou so met absolute disrespect te behandel.

Hoekom los jy nie die ding nie? Pleks van wonder of hy rondmors en jou eendag dalk kan aansteek, moet jy aan jou en jou kind se future dink.

Wat is belangrik vir julle? Dis duidelik dat julle nie vir hierdie man belangrik is nie. Anders sou hy julle mos nie tot watter tyd van die nag alleen gelos het nie.

Dit is jammer dat jy nou kind loop staan en kry het van so ’n dodgy jong.

Vandag se meisies ken mos nie van eers die kat uit die boom kyk nie.

Kyk nou met watter laatnag-kat sit jy opgeskeep.

En nou is jy natuurlik in daai situasie waar jy jou wysmaak dat jy hom nie gaan los nie, want jy wil nie hê jou kind moet sonder ’n pa grootword nie.

Hallooo ... jou kind het dan nou al klaar nie naweke sy pa nie.

As jy verleë is oor ’n man, kan dit jou op lang termyn duur te staan kom.

Dis nou tyd dat jy hom wys jy is glad nie verleë oor hom nie.

Gaan kuier en slaap oor by familie en vriende as hy so verdwyn.

As hy by die huis kom, gaan hy sy verstand breek van wonder of jy dan nou ’n ander berk het. Dan gaan jy sien hoe hy al hoe minder begin uitgaan naweke van vir jou wil oppas.

Maar Antie weet nie of dit die moeite werd is om te smokkel met die kop van ’n jong wat g’n respek vir jou het nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters