3 maande gelede
Girl bang na eerste fight met kêrel
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my outjie is al 10 jaar saam, maar het onlangs die eerste keer baklei.

Ek het uitgetrek en hy wil dinge regmaak, maar ek is vreesbevange vir hom.

Ek is nog baie lief vir hom.

Gee asseblief raad, Antie. – Bang Girlfriend, WhatsApp

Liefie, jy noem dit nie, maar Antie kry die idee dat hierdie ou violent teenoor jou was.

Dit kan dalk die rede wees hoekom jy so vreesbevange vir hom is.

Wanneer ’n man dit ooit die dag waag om sy hande vir ’n vrou te lig, moet dit die heel laaste keer wees.

Die moontlikheid dat dit weer eendag sal gebeur, sal jou altyd soos ’n skaduwee agtervolg. Dit maak nie saak hoeveel trane hy stort en watter promises hy maak nie.

Luister na jou gut feeling. Hoekom terugkeer na ’n verhouding waarin jy nie safe voel nie?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters