9 dae gelede
Girl aan vriendin se ou: 'Vat my virgin'
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 18 en baie lief vir my vriendin se kêrel.

Ek was laas maand dronk en toe het ek aan sy onderlyf gevat en vir hom gesê “vat my virgin as jy wil”.

Hy het vir my gesê ek moet vir hom by ’n spot wag; dan kan ons verder gesels.

Ek het toe vir hom gewag en toe hy kom, het hy my eers lekker warm gevry en toe my klere uitgetrek.

Hy het net vir my gesê ek moet stil lê, hy weet wat om te doen.

Hy het toe sy ding in my gesit.

Ek het toe gehuil, want dit was seer en hy het eers nie gestop nie. Alles het net vinnig gegaan en hy het ook nie ’n kondoom gebruik nie.

Ek weet nie of ek swanger is nie, want ek voel nie meer dieselfde nie en ek eet ook nie meer soetgoed soos altyd nie. Ek drink deesdae baie water. Wat moet ek doen? Antie, help my asseblief! Onseker, Whats­App

Ai, meisa. Ai.

Van só ’n gelekkerte kom daar altyd later komplikasies.

Wil jy op jou jong ouderdom jouself regtig deur soveel komplikasies sit, en dít met ’n ander meisie se ou? Hierdie dronk grille van jou sal jou nog in groot moeilikheid laat beland.

Jy sal matigheid voor oë moet hou.

Al way hoe jy sekerheid sal hê, is ’n swangerskaptoets.

Vir jou onthalwe hoop ek dit is negatief en dat jy ’n waardevolle les hieruit sal leer.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters