3 maande gelede
Getroude vrou sit met nuwe ou by smokkelhuis
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN SS het in November getrou, maar vanjaar het sy vir my gesê sy wil my nie meer hê nie.

Sy het gesê sy het ’n ander outjie en soek haar vryheid terug, want sy is nog jonk.

Ek het haar een aand gebel om te hoor waar sy is, toe lieg sy vir my.

Toe ek haar later bel, sê sy vir my sy sit saam met haar outjie by die smokkelhuis.

En dít terwyl sy ons twee­jarige siek kind alleen by die huis los.

Watter ma los haar siek kind by die huis om saam met haar outjie te gaan drink?

Wat moet ek maak, Antie? Hartseer Man, WhatsApp

Dis inderdaad ’n valid vraag: Watter vrou wat haarself ’n ma noem, los haar siek kind by die huis om saam met haar lover te gaan paartie?

Julle is nou net ’n paar maande getroud en julle huwelik is klaar moer toe.

Dit is duidelik julle twee moes nie getrou het nie.

Niggie het nou besef sy wil nog haar jongmeisiedae enjoy.

Dít is Iets wat sy – en jy – moes geconsider het voordat julle afgehaak het.

Trou is, was en sal nooit perdekoop wees nie. Dit verg harde werk en commitment.

Jy moet besluit of jy nog getroud wil wees met ’n vrou wat ’n boyfriend het.

En dan sal jy in die beste belang van julle kind moet optree, want daar word nie met hom mooi gemaak nie.

Jy kan nie ’n kind die wêreld inbring en paartie jou prioriteit maak nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters