11 dae gelede
Getroude vrou maak verliefde ou stokstyf
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS D van S. My eks-outjie het my virgin geneem.

Toe breek hy op met my en kry ’n ander meisie, maar hy kan my net nie uitlos nie.

Ek kan hom ook nie uitlos nie. Elke keer as ons saam drink of iewers saam kuier, dan nooi hy my saam na sy plek toe.

Ek is nog lief vir hom en gaan seks dan saam hom.

Ek weet nie hoe om weg van hom af te kom nie, Antie. – D van S, WhatsApp

Liefie, jy kan wraggies nie eers wil wakker skrik as hy jou met een of ander vleeslike siekte aansteek nie.

Hierdie man slaap nie net met jou nie, hy seks ook sy huidige meisie.

Hy weet jy het nog feelings vir hom en buit dit uit, veral as jy ’n dop in het.

Kan dit regtig wees dat jy tevrede is met ’n ander meisie se seconds?

Hierdie ou het nou wel iets kosbaars van jou geneem, maar dit beteken nie hy moet nou die alfa en omega van berks wees nie.

Nee, daar is baie ander visse in die see. Jy moet net daai skille van verliefdheid van jou oë afhaal.

Vir hom is jy niks anders as ’n side chick wat hy met drank tot in sy kooi boul nie.

Dit is nou tyd dat jy dit besef en ophou om vir sy ou, flou streke te val.


Liewe Antie Mona

EK IS verlief op ’n girl en elke keer as ek haar sien, dan raak ek bitter styf.

Antie, wat kan ek aan die saak doen?

Sy is so mooi en as sy vir my kyk, dan raak ek net nog liewer vir haar.

Maar sy is getroud. – Verlief, WhatsApp

Dit gaan jou niks in die sak bring (behalwe ’n stywe voël miskien) om verlief te wees op hierdie vrou nie.

Sy is getroud. Daai feit alleen behoort wat ook al spulse feelings jy het, in hul spore te stuit.

Respekteer haar en haar huwelik. Kry vir jou iemand wat nie reeds met ’n ring aan haar vinger pronk of in ’n verhouding is nie.

Moenie ander se huwelike wil wim maak met jou katoolsgeid nie.

Het jy al daarvan gehoor dat daar meer as genoeg ander visse in die see is?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters