14 dae gelede
Getroude ou kry seksbeloftes van kerksuster
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS getroud, maar is verlief op ’n kerksuster van U. Ek het jare daar gebly, maar woon nou in die Kaap.

Sy is nie getroud nie. Ons ken mekaar al jare lank, Antie.

Ons het begin chat op Facebook en kaal pics aan mekaar gestuur. Nou dink ek net aan haar.

Sy sê sy gaan vir my seks gee soos my vrou nie kan nie – h*lseks en blowjobs. Watter man sal nee sê vir sulke lekker kos? – Getroude Man, WhatsApp

Antie wil eerstens een ding duidelik stel – dié is nie ’n kerksuster nie. Hierdie is ’n jintoe – nes jy.

Jy is getroud, maar steeds gaan julle aan met julle dinge.

En vir wat? Vir sake van die h*l?

As jy so ongelukkig in jou huwelik is, hoekom skei jy nie en vat die sogenaamde kerksuster nie?

Dan kan julle mos saamleef in jou holistiese prentjie van wat jy glo seks moet wees. Dan kan jou vrou vir haar iemand anders kry wat nie net h*l op sy mind het nie.

Die gras is nie altyd groener aan die ander kant van die draad nie. Maar jy wil mos eers jou kop stamp voordat jy tot jou sinne kom.

Jou vrou verdien nie wat jy en hierdie kerk-jintoe tans aan haar doen nie. Gee vir jou vrou ’n early Krismis-gift – haar vryheid.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters