2 maande gelede
Getroude man wat gf het woon nog by sy ma
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS getroud, maar my man bly by sy ma.

Toe ek hom vra hoekom kom hy nie huis toe nie, sê hy daar is nog goed wat hy moet doen.

My lewe staan stil, want ek en my kind wag op hom. Ek hoor hy werk nie meer nie.

Ek woon by my skoonsuster, en hulle was nog altyd net goed vir my.

Hy het ’n meisie en dié gebruik dwelms. Ek het onlangs iemand ontmoet, maar ek is nog baie lief vir my man.

Antie, ek het vir hom gesê ons moet skei, maar hy doen niks aan die saak nie.

Ek wil nie opgee op my huwelik nie, maar ek likes die outjie wat ek nou ontmoet het.

Ek wou hof toe te gaan, maar dit gaan nie my man terugbring nie.

Hy sê hy gaan terugkom, maar hy is dan nie eens hier vir my en ons eerste kind nie.

Ek sal somehow moet aangaan. Deurmekaar Vrou

Dié huwelik van julle is darem­ baie weird en jy is duidelik confused.

Liefie, dié man gaan eers terugkom wanneer hy moeg is van sy girlfriend en die drugs.

Jy sal vir ’n slag iets moet doen wat in die beste belang van jou en jou kind is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters