19 dae gelede
Getroude lover is nou in chats kortaf met my
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n ding aan met ’n getroude man.

Ek is al 10 jaar sonder iemand en hy is die eerste man ná daai lang tydperk wat ek weer in my lewe toelaat.

Ons is nou ses maande saam.

Dinge het so vinnig gebeur en toe ons weer sien, toe gaan ons saam naweke weg.

Ons het kom lief raak vir mekaar. Hy sê ek het hom weer gewys wat liefde supposed is om te beteken.

Maar toe sê hy agterna vir my ons moet ’n distance tussen ons sit, want hy is besig om te vergeet dat hy getroud is.

Ons het toe maar reëlings getref vir wanneer ons mekaar sou sien.

Antie, ek wou hom toe toets en sê toe vir hom ek is swanger – net om sy reaksie te sien.

Wat ek egter nie verwag het nie, is dat hy sou sê hy is klaar met my.

Maar hy weet dan ek is op voorbehoed en dat ek niks van hom wil hê nie.

Hy sê toe hy sal my nog van tyd tot tyd uithelp, maar op sy tyd, want ek is te oppit, want hy is getroud en daar moet perke wees.

As hy iets vra waarmee ek hom moet help, dan help ek hom.

Hy sê vir my hoe hy van my droom en my elke dag lus, maar dinge is nou moeilik, want dis lockdown.

Hy sukkel met sy geldsake en ek help waar ek kan. Toe raak hy kwaad en sê ek moet my geld hou en sy nommer block.

So, ek weet nie wat sy game is nie.

Ek wil net weet hoekom hy nog met my wil slaap as hy sê hy voel nie meer soos vantevore nie.

Hy dink nie aan my gevoelens nie.

As ons chat, is hy kortaf.

Ek wil aangaan met my lewe, maar ek kry nie kans om hom te vra wat ek wil weet nie.

Ek kan dit wat ek wil vra, nie oor die phone doen nie. – Deurmekaar, per e-pos

So, jy soek redes oor hoekom sy gevoel vir jou afgekoel het? En dat hy dit in jou gesig vir jou moet kom sê?

Is dit dan nie genoeg dat hy getroud is en bang is sy vrou vind uit van julle twee se ding nie?

Is dit dan nie genoeg dat hierdie man jou eintlik net uitvreet vir jou geld nie?

Vrou, jy kon nie 10 jaar single gebly het net vir ’n getroude ou nie.

Dié is ’n geringde voël wat nou en dan gedagte kry van sy marriage.

Hy voel nie oor jou soos wat jy en jou wallet oor hom voel nie.

Jy kan vir jouself baie geld en emosies spaar deur dié ding net te beëindig en vir jou iemand kry wat nie reeds getroud of in ’n verhouding is nie.

Dit begin nou al lyk asof dié man net met jou slaap vir geld.

Kweek ’n bietjie selfrespek en besef jy is saam met hom besig om trane in ’n ander, onskuldige vrou se lewe te saai.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters