19 dae gelede
Gesoek: Vroue van 40 en ouer
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS in my laat 20’s en bly in Ravensmead.

Ek het ’n jaar gelede by ’n antie geslaap wat in die 40 is.

Sy het my genader omdat haar boyfriend dood is wat slaapkamersake betref.

Ons het ’n paar keer so gemaak omdat ons dit albei geniet het.

Sy stel my toe voor aan ’n vriendin wat ook in haar 40’s is en ek service háár toe ook twee keer.

Antie, die ding is ek crave nou om ander vroue oor 40 ook bed toe te sleep.

Dink Antie dis reg van my om die skoner geslag van daai ouderdom so uit te help?

Hulle is als wat ek oor die jare in die bed soek. Jong Man van Ravensmead

Sjoe, wie sou nou kon dink Ravens­mead se over 40’s is so by dit, nè?

En jy wil die “uithelper” van over 40’s in die Mead wees?

Kom daai ander twee vroue dan nie meer na jou toe vir hulle “ser­vice” nie?

Dit klink vir Antie asof albei net twee keer “gediens” wou word en nou is hulle vir eers heel tevrede.

Of dalk het die mans in hulle lewe finally hulle enjins aan die gang gekry.

Dit gebeur nogal gereeld dat jonger mans ouer vroue verkies.

Dis baiekeer bloot oor die fantasie om by ’n ouer vrou te slaap – iemand wat weet wat sy wil hê.

Seksmasjiene

Antie hoop altyd net wanneer ’n man in ’n ouer vrou belang stel, gaan dit oor meer as net seks.

Ons vroue is nie seksmasjiene wat net reg is om bed toe gesleep te word nie.

Die meeste van ons soek ’n standvastige verhouding.

As jy regtig in ouer vroue belangstel, hoekom engage jy nie jou brein ook nie?

Anders gaan min ouer vroue aan jou horny lyn byt (geen pun intended nie).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters