6 dae gelede
Geskeide ou kan nie weer verlief raak nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK MOES baie moed bymekaarskraap om aan Antie te skryf.

Ek was getroud, maar is nou geskei.

Antie, ek wil weet hoekom ek nie op iemand anders verlief kan raak nie.

Hoe kom ek oor my huwelik? Ons het twee kids saam vir wie ek baie lief is. Ek sorg vir hulle en doen alles om hulle gelukkig te sien.

Ek doen myself tekort sodat hulle die goed kan hê wat hulle makeer.

Die oudste seun bly by my en die baby by haar, maar ek gaan nog baie daarheen – natuurlik na die baby toe.

Is dit moontlik dat ek nog gevoelens vir haar het? Hoe sal ek weet?

Dit voel net my gevoel is dood.

Ek het al ’n paar girls gehad, maar daar was niks gevoelens betrokke nie.

Ek het ook gesê voor ons enige iets gedoen het dat hulle nie moet verwag dat ek feelings vir hulle gaan hê nie.

Ek kry net die gevoel dat my gevoel vir liefde dood is. – Stormer van die Weskus, WhatsApp

Liefde kan nie aan en af geswitch word nie.

Dis onmoontlik om gister lief vir iemand te wees en die volgende dag dan niks te voel nie.

Julle was ses jaar lank saam en in hierdie tydperk het julle emotionally in julle huwelik invest.

Tyd is jou grootste geneser. Gee jouself tyd om hierdie break te verwerk.

Op die oomblik is alles nog ’n emotional roller coaster-rit vir jou.

Dinge gaan mettertyd al hoe duideliker vir jou word.

Moenie enige druk op jouself sit om oor hierdie mislukking te kom nie.

En tyd sal jou ook wysmaak of daar nog gevoelens tussen julle bestaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters