3 maande gelede
Geskeide man se comeback verander niks
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WAS 17 jaar geskei van my man en ons het ’n 17-jarige seun saam.

Ná 17 jaar het my eks­man teruggekom na ons toe en gesê hy wil opmaak vir wat hy aan ons gedoen het.

My seun is opgemaak en gelukkig omdat hy vir die eerste keer sy pa sien en beter leer ken.

Maar ek het my vertroue in hom verloor. Hy was die een wat geskei het oor ’n ander vrou.

Hy is glo deur haar kinders mishandel. Hy het nie kinders by haar nie.

Ek is onseker en kan hom nie vertrou nie. Dit is swaar om jou man weer ná 17 jaar te leer ken en te vertrou.

Ek is nie meer lief vir hom nie.

Hy sê hy gaan nooit weer trou nie en ek is nie bereid om met ’n man saam te leef nie.

Antie, ek het nooit weer ná ons egskeiding geworry met ’n man nie.

Wat maak ek nou in hierdie geval? –M, WhatsApp

En jy het natuurlik ingestem omdat jy nie jou seun se bubble wou laat bars nie.

Om te sien hoe opgewonde jou seun is om sy pa weer in sy lewe te hê, laat jou skuldig voel en jy wil nie jou seun teleurstel nie.

Maar die reality is dat jou seun steeds ’n verhouding met sy pa kan hê sonder dat sy pa deel van jou lewe hoef te wees.

Jou eks het sy bed gemaak. Hy het jou gelos vir iemand anders en kom nou met ’n storie dat hy deur sy vrou se kinders abuse is.

Hoekom dan 17 jaar saam met hierdie vrou bly? Hierdie man wil jammer gekry wees en het ná jare weer gedagte gekry oor hoe lekker dit saam met jou was.

Maar niks hiervan is lekker vir jou nie. Moenie iets doen wat jy weet jou unhappy gaan maak nie.

Praat met jou seun hieroor. Laat hom weet jy is bly dat hy ’n verhouding met sy pa kan bou en dat jy hom dit gun.

Sê vir hom jy wil nie jouself in iets druk wat jou nie gelukkig gaan maak nie.

Wees eerlik oor jou feelings met hom en laat hom weet jy support hom heelpad in die bou van ’n verhouding met sy pa.

Hopelik support hy jou en hoef jy jouself nie te forseer om nou “happy family” te speel nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters