7 dae gelede
Gekarring oor bestie ‘pla’ haar
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ’n 16-jarige meisie en gaan nog skool.

Ek het ’n vriend by die skool, maar hy is ’n seun.

Ons ken mekaar van laerskool af en hy bou my van laas jaar af om dinge reg te maak met hom en my bestie.

Ek het haar gesê hy wil haar hê, maar sy voel nie dieselfde oor hom nie.

As hy my sien, dan sê hy ek moet mooi maak tussen hulle.

Ek weet nie meer wat om te lieg nie. Ek bly vir hom sê hy moet self met haar gaan praat.

Gee raad, asseblief, Antie. Dit voel of ek van my kop gaan raak as hy wéér vir my dieselfde gaan vra.K van M, WhatsApp

Liefie, jy is nie die miracle worker wat sy kastaiings uit die vuur moet krap nie.

Hy het dinge self opgefoeter tussen hom en hierdie meisie. So, hy is die een wat haar sal moet oortuig om hom nóg ’n kans te gee – nie jy nie.

Maak jou mond oop, wees ferm en sê vir hom dat hy nie van jou kan verwag om matchmaker te speel nie.

Omdat julle mekaar van laerskooldae af ken, beteken dit nie hy kan sekere dinge van jou verwag nie.

Maak dit duidelik dat jy nie jou bestie kan ompraat nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters