18 dae gelede
Gay-outjie word deur crush rondgeklap
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS Anoniem van R, is gay en het ’n crush op C.

Ons het al ’n paar keer gesoen.

Maar as ek met ander outjies gesels, word ek sommer geklap en uitgeskel. Dan sê hy ek is ’n n***.

Ek weet nou nie meer nie. Ek is baie lief vir hom en het gevoelens vir hom.

Ons het op WhatsApp gechat, maar hy ignoreer my nou. Help my asseblief, Antie. Ek wil hom nie verloor nie. – Anoniem van R, WhatsApp

As hy jou klaar aanrand en sulke liederlike woorde toesnou, wat soek jy nog by hierdie jong?

Hy is duidelik nie iemand om jou aandag aan te gee nie. Wat nog van feelings.

Om iemand anders te verneder en te abuse is nie die tekens van liefde nie.

Jy behoort die sterre te dank dat hy jou tans ignoreer. Doen nou dieselfde met hom.

Moenie verleë wees vir ’n man wat jou duidelik net misbruik en met die plathand verrinneweer nie.

Dis hoe ’n kringloop van abuse begin. Kry jou sommer nóú al uit die cycle. Jy benodig suurstof om te leef – nie dié jong nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters