2 maande gelede
Feelings vir ou liefdie is nou weer terug
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 40 jaar oud en toe ek 15 jaar oud was, het ek my eerste liefde ontmoet.

Hy is nou getroud. Ek is al twee jaar ’n weduwee.

Toe ek weer my eks raakloop, was hy bly om my te sien.

Dit was amper soos destyds.

Al my gevoelens vir hom het teruggekom.

Hy voel dieselfde, Antie, en ek weet nie wat om nou te maak nie.

Dinge tussen hom en sy vroutjie is ook nie so lekker nie.

Hy bly sê ek moet na sy werk toe kom, maar dan gesels ons net daar.

Als voel net reg. Help tog, asseblief. – Weduwee, WhatsApp

Vrou, hoe kan dit reg voel as hy ’n getroude man is?

En dan is jy nog afgehaal ook omdat julle net gesels. Wil jy dan hê julle tweetjies moet ’n bietjie action hê?

Natuurlik sal dinge nie lekker tussen hom en sy vrou wees nie – val jy regtig vir daai flou verskoning?

Wat soek hy dan nog daar as dinge nie so lekker is nie? Van wanneer af proe ’n huwelik net soos ’n lekker en het nie sy ups en downs nie?

Hierdie man toets tans die water. Hy weet sy vrou sal niks onraad vermoed nie, want hy is by die werk waar hy suppose is om sy job te doen.

Kry jou uit die situation voordat dinge lelik raak. Jy wil nie deel wees van die oorsaak vir trane in ’n ander vrou se lewe nie.

Hou jou kant skoon, veral jou gewete.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters