Verlede maand
Familie praat nie goed van man nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS J van T en ek verstaan Antie gee goeie advies.

Ek is getroud met ’n Somaliër, maar my familie aanvaar hom nie.

Hulle voel hy is ’n mors van tyd en dat ek sonder hom moet aanbeweeg met my lewe.

Ek is nou al ag jaar in die Moslemgeloof met hom getroud, maar hy het ons nog nooit laat trou by Home Affairs of in ’n white wedding nie.

Ek is lief vir hom, maar is in twee geskeur tussen hom en my familie.

Ek kyk na my pa en broer omdat hulle mental probleme het. En nou bly ek onder my pa se dak omdat die man ook nie vir my standvastigheid kan gee nie.

Ek sal Antie se raad waardeer. – J van T, WhatsApp

Dis darem ’n lelike ding om iemand so as ’n mors van tyd te beskryf.

Dis regtig nasty, onvanpas en glad nie die way hoe daar met jou man gepraat behoort te word nie.

Dalk verwys hulle daarna dat hierdie man nog nie ’n dak van julle eie kon provide nie? Maar anyway, dís nie ’n verskoning om só na iemand te verwys nie.

Maybe as julle ’n plek van julle eie het, sal mense minder hulle neuse in julle huwelik steek.

Omdat julle so saam onder een dak bly, voel jou familie seker hulle het die reg om hulle opinies oor jou huwelik te lug nes hulle voel.

Jy kan steeds jou pa en broer versorg, maar jy en jou man het julle personal space nodig.

Dis tyd dat hy ook na die paartie kom en sy deel doen om die druk te verlig wat jou familie op jou uitoefen.

’n Huwelik werk nie as net één van julle jul deel doen nie.

En praat met manlief oor daai wedding wat jy steeds begeer.

Dit gaan nie baat jy krop jou feelings op en laat hom nie weet van jou drome nie.

Wie weet, dalk is 2020 die jaar waarin julle 50/50 saam aan julle huwelik werk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters