4 maande gelede
Familie like hom nie oor los kind
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS G en is 24 jaar oud. Ek het ’n meisie gehad vir wie ek baie lief was.

Sy het my gelos, want haar familie soek my nie omdat ek ’n los kind het. Antie, sy is ook lief vir my, maar wil nie meer saam met my wees nie.

Sy is bang haar familie maak my seer. Ons was drie jaar saam. Gee tog raad, asseblief. – G, Whats­App

Ai, daar kan nog heelwat complications wees as die toekomstige skoonouers nie veel ooghare vir jou het nie.

Wat Antie nie kan verstaan nie, is dat hulle drie jaar seemingly nie enige issues­ met jou gehad het nie. Of het hulle maar net die verhouding verdra totdat hulle nie verder kon pretend nie?

Daar is nie iets soos ’n los kind nie. Dis darem net te veel van ’n nare woord, want geen kind is “los” nie.

Skynheilig

Daar is baie mans en vroue daar buite met buite-egtelike kinders. Antie wil glo om so ’n kind te hê, is darem nie so erg soos om ’n moord of ’n misdaad te pleeg nie.

Óf haar mense is verskriklik konserwatief óf hulle is verskriklik skynheilig.

Hoe dit ook al sy, geen ouer kan aan ’n volwasse kind voorskryf wie hulle mag date nie. Maak nie saak hoe goed hierdie intentions ook al volgens sulke ouers mag wees nie.

Hulle dogter se keuse behoort aanvaar en gerespekteer te word. Gee dinge tyd. Dalk sien hulle mettertyd dat julle saam hoort. Wat is anyway beter – ’n ou met ’n buite-egtelike kind wat jou dogter adore, haar liefhet en op die hande dra, of ’n jong sonder enige kinders wat absoluut toxic vir jou kind is?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters