17 dae gelede
Familie-deal nie so lekke nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my vrou huur ’n huis. Haar broer het ons ’n kwotasie van R70 000 gegee vir ’n Nutec-huis.

Die ander kwotasie wat ons gekry het, was R54 000. Ek weet nie wat hy met my vrou gepraat het nie, want die dag nadat hy by ons was, het sy die R70 000 na sy bankrekening oorbetaal.

Twee maande later is ons plek nog nie klaar nie, nadat hy aan ons gesê het dit sal twee weke vat om sy job klaar te maak.

Nou sê hy die geld is op. Ons moes self electricians kry om vir ons krag in te sit. Wat staan ons nou te doen? Ontevrede Skoonbroer, WhatsApp

Dis hoekom diegene wat weet, altyd sê ’n mens moet nooit met familie besigheid doen nie.

Kyk dan nou hoe duur het hierdie hele affêre julle uitgewerk.

Dié man gaan julle aan ’n lyntjie hou en julle sal wag totdat hy ander mense eers ingedoen het voordat hy geld gaan hê om sy werk klaar te maak. Of julle gaan wag totdat perde met ’n klompie horings op hulle kop naby julle huis kom wei.

Stel vir julle ’n lawyer aan om met hierdie swaer van jou te deal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters