14 dae gelede
Enkelma wil liefde vir dogter se derra defrost
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET nooit gedink ek sal skryf nie, maar ek is te kwaad soos ek hier lê!

Antie, ek het nie ’n ma nie.

Sy tik, daarom kla ek by u.

Toe ek 17 was, het ek pregnant geraak met my boyfriend se kind. Maar hy was ’n ander meisie se boyfriend ook.

Sy bynaam was Poenankies. Meisies wou hom hê.

Twee ander meisies was in dieselfde jaar as ek pregnant.

So, toe skel ek en lieg dis nie sy kind nie. Ek was te kwaad.

Hy trek toe. Nou is my dogter 23 jaar oud en my voorbarige tjommie het hom in W gekry en vertel hoe my dogter uitgeknip hy is.

Die next dag is hy voor my deur asof hy regte het.

Poenankies vra toe verskoning en nog ’n klomp ander goed en ontmoet haar toe.

Hy gee die antie by wie ons jare bly R10 000. Sy ken nie van geld nie en is nou ook aan sy kant.

My dogter trek onder my gat uit na ’n pa toe wat sy nooit geken het nie en nou is sy “nuwe susters”-verskrik.

Hy koop vir haar ’n Tazz en toe skel ek dat hy haar wil koop.

Sy vrou is besig om my kind te steel.

Hulle gaan baie uit en ek sit stoksielalleen. Ek mean, hoe is sy all of a sudden net lief vir haar pa?

Sy praat k*k van ’n connec­tion wat sy voel. Niemand worry van my nie.

Behalwe dit, klop my hart vinnig. Daai smile en mooi maniere ... Hy praat nog altyd so ordentlik.

Ek kan nie ophou aan hom dink nie. Ek dink nie daai liefde was ooit weg nie.

Sondag was hy te naby my en hy kon dit sien.

Ek het automatically sonder om te dink vir hom gesoen. Dit was baie embarrassing.

Hy het niks gesê nie, maar chat nie meer nie.

Hy is online, maar groet nie soos voorheen nie.

Ek is so kwaad dat my tjommie vir hom vertel het van sy kind. – Kwaad Ma, WhatsApp

Sou jy verkies het om na jou graf te gaan sonder dat jou dogter enige iets oor haar pa weet? Hoe fair sou dit teenoor haar wees?

Jy sien dan nou hoe opgewonde sy is om finally haar pa te kon ontmoet en beter te leer ken.

Glo my, daai leemte en begeerte om haar biological pa te ken, was altyd daar.

Gun haar hierdie kans. As hy haar bederf, is dit seker om op te maak vir al die uitmis van die verlede.

Kan dit wees dat jy so teen die karre skop omdat jy nie deel van die “package” is nie?

Hy het sy dogter em­brace die oomblik toe hy van haar uitvind.

Hy kon haar so maklik verstoot en afgeskryf het.

Maar toe hy hoor hy het ’n kind, was hy binne ’n oogwink daar om haar te ontmoet.

En daar gaan jy verder en gee jou game weg deur hom te soen. ’n Getroude man, ’n familieman wat nou nie weet wat om van die situasie te dink nie.

Jy sal moet terugstaan, vrou. Dit is veronderstel om oor jou kind te gaan en haar vreugde om finally ’n pa in haar lewe te hê. Nie oor jou wat ou liefde wil defrost nie…

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters