2 maande gelede
Eks se kuiertjie krap sake deurmekaar
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ’n 18-jarige meisie en is in ’n verhouding met ’n outjie op wie ek lankal ’n oog gehad het.

Maar Antie, ek het ’n bietjie opgemors met my eks.

Hy het gesê hy mis my en het toe vir my kom kuier. Ons het niks gedoen nie, maar steeds voel dit vir my of ek gecheat het.

My kêrel het baie daaroor te sê gehad. Hy het ook gehuil.

Ek wil hom nie verloor nie. Wat kan ek doen om daarvoor op te maak?Spyt, WhatsApp

Daar is geen rule in die boek van verhoudings wat sê dat ekse nie vriende kan wees of steeds op goeie voet met mekaar kan verkeer nie.

Dit natuurlik bygesê as daar ’n moontlikheid vir vriendskap is en daar nie steeds feelings is wat nooit aangespreek is nie.

Maar huil jou huidige outjie nou die langste trane omdat jou eks kom kuier het?

Hoekom huil hy dan nou soos ’n klein seuntjie wie se toy deur ’n maatjie afgevat is?

Feit van die saak soos wat jy beweer, is dat niks gebeur het nie. Antie neem aan daar was ook nie enige planne vir iets om te gebeur nie.

So, ek kan nie sien hoe jy moet opmaak vir iets as jy niks verkeerds gedoen het nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters