2 maande gelede
Eks onderhou nie ons laitie (15) nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS H van S en was 15 jaar in ’n verhouding met my boyfriend.

Hy het my 10 jaar lank abuse, Antie. Ons het ’n 15-jarige seun saam.

Hy het my verneuk in ons verhouding en twee kinders by ’n ander meisie gemaak.

Ek het hom toe gelos, maar hy onderhou nie eens ons kind nie.

Hy onderhou wel die ander meisie se kinders. As my seun na hom toe gaan vir geld, sê hy die kind moet die volgende dag kom.

As hy daar kom, is die ander meisie dikmond daar.

Sy is jaloers op my kind. Wat staan my te doen? – H van S, WhatsApp

Hulle kan maar dikmond wees tot hulle lippe afval, maar die feit van die saak is hy het verantwoordelik­hede teenoor sy kind wat die wet hom verplig om na te kom.

Dis duidelik dat hierdie man nie sy responsibilities op sy eie gaan nakom nie.

Gaan na jou naaste hof se maintenance-afdeling en sit die papgeld-bal aan die rol.

Hierdie hof sal dan bepaal hoeveel maintenance hy maandeliks aan julle kind moet betaal, en hoe hierdie betaling sal plaasvind.

Baie vroue wat al in soortgelyke situasies was, sal jou sê dat hierdie nie ’n maklike proses is nie.

Dit is gelaai met die een uitstel ná die ander, maar byt vas.

Dit gaan hier oor jou kind en wat hom wettig toekom. Alle sterkte.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters