17 dae gelede
Eks dreig om my uit te sit as ek hom nie seks
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK BLY in R en is al twee jaar geskei.Maar my eksman bly my uitskel dat ek rondslaap.

Ek doen dit nie. Ons was 10 jaar getroud, toe los ek hom.

Nou wil hy my enige tyd sê om sy plek leeg te maak as ek nie met hom wil slaap nie.

Dit is ’n council-huis en ek kan nie ’n huis van my eie kry nie, want ek was met ’n home owner getroud.

Antie, ek is raadop met my eks wat so huis-mal is.

Hy is ook diep skelm en steel net vir drug-geld. Wat moet ek maak? Ek voel al so vuil. – Raadop Eks, WhatsApp

Vrou, jou eks is nie huis-mal nie, hy is jags-mal.

Hy weet jy is verleë oor die huis en hy buit jou seksueel uit omdat hy weet jy het nie ander blyplek nie.

Die quick fix is om vir jou ’n ander blyplek te kry waar jy weg van sy vieslike kloue sal wees.

Hierdie man is op drugs, is onstabiel en dreig jou al klaar.

Maak dat jy so gou moontlik ver weg van hom kom.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters