Verlede maand
Ek word gefire as ek nie my nuwe baas seks nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WERK al 13 jaar vir die maatskappy. My baas het onlangs met ’n jonger vrou getrou en glo my, hy’s versigtig vir haar.

Weens die groei in ons besigheid werk hierdie vrou nou as die baas by die tak waar ek is.

Ek is vroeër ingeroep vir ’n privaat gesprek met my nuwe baas, waar sy haar planne met my duidelik gemaak het: Dat ek op ’n oproep gereed moet wees om haar vir seks­­gunsies te ontmoet, soos sy dit goed vind.

As ’n getroude man en pa van twee het ek natuurlik vir haar verduidelik dat so iets nooit kan gebeur nie.

Sy het my ’n maand gegee om te heroorweeg voordat sy my fire.

Op die oomblik is ek opgestres en ek weet ek kan dit nie vir my vrou sê nie, nog minder my grootbaas, want hy is bang vir sy vrou.

Finansieel kan ek nie bekostig om my werk te verloor nie, maar ek kan ook nie doen wat sy wil hê nie.

Soms wens ek dis net ’n nagmerrie en ek gaan wakker skrik. Wat kan ek doen, Antie? Moedelose Werker, WhatsApp

Hierdie is seksuele uitbuiting in die werksplek op sy ergste!

Antie hoop jy het recordings van hierdie gesprekke? Indien nie, sorg dat jy so gou moontlik hierdie ducks van jou in ’n row kry.

Hierdie bewyse gaan jou saak soveel sterker maak as sy nie haar dinge laat staan nie.

Jy hoef nie alleen hierdie swaar las te dra nie. Neem jou vrou in jou vertroue sodat dit nie eendag vir haar nuus moet wees as sy daarvan te hore kom nie.

Hierdie vrou is ’n terrible, terrible baas. Een wat in haar spulse storie gestuit moet word.

Moenie haar met haar dinge laat wegkom nie. As jy aan ’n union behoort, sorg ook dat dié kennis dra van hierdie vrou en haar versoeke.

Die arbeidswette behoort aan jou kant te wees. Laat Antie weet as jy hierdie vrou verder in die koerante wil expose.

Daar is absoluut niks reg aan wat sy doen nie.

Maak nie saak hoe bang haar man vir haar is nie, sy kan nie met ander vroue se mans maak wat sy wil nie.

Moenie ingee aan hierdie vrou en haar seksversoeke nie.

Jy, jou vrou en julle gesin kom eerste. Altyd!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters