11 dae gelede
Ek wil graag bybie hê by my ou, maar is skaam
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ’n 18-jarige meisie en is in ’n verhouding met ’n 21-jarige ou.

Ons is nou reeds ses maande saam.

Antie, ek is ’n baie skaam persoon en ek wil so graag ’n kind hê by dié ou, maar ek is te bang hy los my met die kind en beweeg aan.

Ons het nou wel nog nooit seks gehad nie, maar ek voel hy is die een met wie ek dit wil doen.

Is ek ’n bietjie insecure of wat?

Ek het Antie se raad nodig. Bang Meisie

Meisa, meisa, meisa.

Amper in elke straat in ons communities is daar ’n meisie wie se kind se pa verdwyn het die dag toe sy swanger geraak het.

Moenie een van daai girls word nie.

Jy is gans te jonk om nou al van seks en babies te droom. Het jy nie toekomsplanne om van te droom nie?

Wat? Wil jy in dié lewe net ’n baby mamma wees?

Vul jou gedagtes en drome met jou ideale vir die future, nie ’n kind wat nie jy of daai outjie anyway nou kan afford nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters