5 maande gelede
Ek was in verlede skelm, nou trust sy my nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS G van CY en is nie getroud nie.

Ek het wel ’n meisie by wie ek twee kinders het.

Ons het ’n tyd lank saamgewoon, maar nie meer nie, want sy is baie bad luck.

Antie, daai girl is erger as my ma. Sy gun my niks nie.

Ek mag nie eens met my vriende ’n bietjie uitgaan om te chill nie, dan skel sy.

Dan moet ek hoor ek n**i rond en ek wil haar weer vuilsiek gee.

Ek admit, ek was in die verlede baie sleg. En, ja, ek het haar al aangesteek met ’n STI.

Maar dit is mos suppose om in die past te wees, dan nie?

Ek is nie meer die man wat ek was nie. Ek is ’n pa van kinders en het nie meer tyd vir stront aanvang nie.

Maar sy wil dit nie so verstaan nie. Sy werk op my nerves met dié dat so paranoid is.

Ek hoef moes nie ’n report te gee oor al my whereabouts nie.

Om te dink ek wou nog eendag met haar trou, maar ek is nie lus om met die FBI getroud te wees nie.

Hoe kan ek haar laat verstaan dat ek niks dodgy aanvang nie en net soms tyd met my brasse wil deurbring?

Soos sy nou perform, is sy vroeg in die nuwe jaar ’n single mom van twee. – G van CY, WhatsApp

In die eerste plek moet jy verstaan dat jy jou kinders se ma diep teleurgestel het.

Nie net deur op haar te cheat nie, maar boonop met ’n vleeslike siekte te besmet wat baie maklik die Groot Griep kon gewees het.

Hoewel sy jou vergewe het, is dit moeilik vir haar om jou te trust, veral as jy met jou vriende kuier.

Jy kan nie verwag dat sy sommer oornag van alles vergeet het nie.

In the back of her mind is daar steeds die memories van die pyn en vernedering wat jy oor haar gebring het.

Ja, ’n mens lus nie elke keer dat jou verlede in jou gesig gegooi word nie. Veral nie as jy jou bes probeer om te verander nie.

Dit gaan egter tyd vat vir jou meisie om oor jou infidelity te kom. Hoe lank, kan Antie nie sê nie.

Al wat ek weet, is dat jy hare op jou tande sal moet hê, en al die geduld in die wêreld.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters