3 maande gelede
Ek wag nou al drie maande vir ou om sy meisie te los
 ~ 

Liewe Antie Mona

Ek is P (22) en gaan uit met ’n ou wat dieselfde ouderdom is.

Maar Antie, hy hét ’n meisie. Hy sê hul verhouding is nie na wense nie, maar hy los haar ook nie.

Ek wag nou al drie maande. Elke keer sê hy net dat dit vir hom lyk asof hul verhouding nie werk nie.

Ek het hom al gesê dat dit vir my voel dat hy my net gebruik, maar ek is lief vir hom.

Wat kan ek doen, Antie? – via WhatsApp

Antie wil nie lelik wees nie, maar wat jy wel kan doen, is om op te hou dom wees.

Dit voel asof hierdie ou jou gebruik, want HY GEBRUIK JOU.

En jy val elke keer vir sy ou, vervelige en afgesaagde stories. Drie maande lank hou hy jou aan ’n lyntjie en vat jou vir ’n pop.

En drie maande lank, elke liewe dag daarvan, val jy elke keer daarvoor.

Hierdie ou is nie van plan om sy meisie te los nie.

He’s just stringing you along – in case jy nie die boodskap in Afrikaans kry nie.

Kweek ’n bietjie selfrespek en besef jy hoef nie met ’n ander meisie se krummels tevrede te wees nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters