14 dae gelede
Ek voel skuldig omdat ek my skoonsus spyker
Auntie Mona
Auntie Mona~  ~ ~


Liewe Antie Mona

EK EN my broer se vrou het ’n ding aan en ek begin nou al sleg daaroor voel.

Antie, my broe’ kyk baie diep in die bottel.

As ek by hom gaan kuier, vat hy net ’n paar doppe en dan moet hy weer gaan tiep.

Nou dit was een só ’n aand toe ek daar kuier dat sy vrou haar laf gehou het met my.

Sy drink altyd haar dop op haar eie, maar toe haar man slaap, toe kom sit en gesels sy saam met my.

Oukei, ek is ook maar ’n man en likes nie sonder geselskap drink nie, toe chat ons maar.

Toe pak sy uit van hoe my broer haar afskeep en nie die job reg kan doen nie.

Sy sê hy suip hom so dronk dat hy baie kere in die kooi pee – en as sy wil seks, dan kan hy nie eens styf raak nie.

Sy vertel toe van sy wat nie kan onthou wanne’ laas sy ietsie gehad het nie. Ek is ook mos maar net ’n man en het styf geraak.

Sy het die knop in my broek gesien en toe staan sy op en kom vryf dit.

Antie, ek was so jags dat ek haar sommer net daar in hulle sitkamer geseks het. Ons het toe verder gedrink en kort daarna weer geseks.

Eers ná ons ’n derde ronde gekap het, het my broer in die slaapkamer wakker geskrik en my weer kom join vir ’n dop.

Maar dit was toe nie lank nie, toe gaan tiep hy weer.

Dit was ’n hele paar maande gelede en van daai dag af seks ek en my skoonsuster gereeld.

Ek voel al sleg hieroor, maar sy sê ons het niks om oor skuldig te voel nie.

Sy sê sy stoot liewers met haar man se broer as om buite die familie vir ’n kap te gaan soek.

Uitklok

Ek kan soms my broer nie in die oë kyk nie van skuldig voel, maar sy vrou weet net hoe om my mind te change.

Sy skink nou deesdae self vir ons en gooi vir my broer die grootste doppe sodat hy kan uitklok.

En dan bespring sy my. Sy is baie, baie honger.

Daar is nou ’n ander meisie wat ek smaak, maar my skoonsuster wil niks verstaan nie.

Nou die ander aand skrik ek groot toe sy sê sy wens my broer was dood sodat ons mekaar wettig kan vat.

Antie, ek wil haar nie hê nie, en ek wens definitief nie my broer dood nie. Hoe maak ek nou? – Skoonsus se Stukkie, WhatsApp

En imagine julle is nog eendag so besig, en dan skrik jou broer wakker.

Wat julle doen, is niks mooi nie.

Sy klein drank-tenkie of slappe Jan Pierewiet is g’n verskoning vir julle om hom so gruwelik te verneuk nie.

Dit is net ’n kwessie van tyd voordat die bom gaan bars. As jy regtig dié dinge wil laat staan, moet jy ophou daar gaan suip.

Dis nie net haar skuld nie, jy is net so spuls.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters