26 dae gelede
Ek voel nie aantreklike ou is regtig lief vir my
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 18 en het ’n kind van 4 maande oud.

Sy pa is nie meer saam ons nie. Hy het my gelos toe hy hoor ek is swanger.

Ek het iemand anders ontmoet, Antie. Hy is mooi, aantreklik en enige girl se droom.

Maar daar is dae dat ek voel hy gee nie om vir my nie.

Ek woon by sy ouers. Hy bly op sy eie en Antie, dit voel hy verneuk my. Hy sê hy is lief vir my, maar hy wys dit nie.

Antie, ek weet ek is nog jonk, maar ek is rêrig lief vir hom.

Soos in rêrig.

Wat moet ek doen? – Verliefde Meisie, WhatsApp

Jou vier maande oue kind is nou die priority wat rêrig eerste moet kom.

Soos in rêrig.

Jy is net 18 jaar ouden jy is reeds vasgevang in die verantwoordelikhede van die grootmenswêreld.

Om ’n kind te het maak nie van jou ’n grootmens nie. Dít is duidelik uit hoe jy meer verleë agter hierdie ou aan is as om met die uitdaging van single parenthood te deal.

’n Mooi man is almal se man. Dié is ’n les wat jy gerus nou al kan leer.

Die lewe gaan lankal nie meer oor looks nie, maar hoe jy die lewe en al sy uitdagings in die oë kan kyk.

Antie mean maar, hoeveel keer wil jy dan nou jou vingers verbrand?

Jou kind se pa los jou die oomblik toe hy hoor jy is swanger en jy move sommer aan na ’n pragtige outjie van wie jy nie veel weet waarmee hy hom besig hou nie?

Jy is supposed om nog op skool te wees en ten spyte van die kind wat jy het, kan jy met behulp van ’n goeie support system steeds jou skoolloopbaan voltooi.

Dan kan jy verder gaan studeer om in staat te wees om vir jou kind te sorg.

Jy kan nie staatmaak op die staat om dit te doen nie.

Waarop gaan jy eendag terugval om jouself te support as jy nie werk maak van jou educa­tion nie?

En gepraat van support, Antie hoop jy het daai weghol-pa aangegee vir non-support!

Daar is mans daar buite wat jou gaan use en abuse omdat hulle weet jy kan nie op jou eie voete staan nie.

Moet nooit enige mansmens daai mag oor jou gee nie.

Maak werk van jou toekoms, want dit gaan nie hier net oor jou nie, maar ’n arme kindjie vir wie jy moet sorg.

So, sorg dat jou prioriteite reg is en dat jy aandag aan jou kind en jou toekoms gee. Al die ander dinge sal self mettertyd in plek val.

Niemand hoef hul liefde vir jou te bewys nie. Invest liewer nou in die liefde wat jy supposed is om vir jouself te het.

Kyk na al die voorbeelde daar buite van meisies wat vandag alleen moet aansukkel – alles net oor hulle vir die liegbek-stories van hul berk geval het.

Moenie een van daai girls wees nie. Hou op romantiseer oor ouens wat kamma so mooi is en waaroor alle girls drool.

Dis hoeka daai mooi ouens wat jy nie in die hande kan kry as jy preggies raak nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters