9 dae gelede
Ek verneuk vrou met manlike bi-kollega
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

WAAR begin ek? Ek is ’n getroude man met ietwat van ’n probleem.

Antie, voor ek getrou het (nou 13 jaar gehook), het ek en ’n oud- kollega altyd saam uitgehang. Een aand toe ons lekker getrek raak, vertel hy my hy is bi en dat hy my as meer as ’n vriend wil hê.

Ek het gelag en gesê ek is nie into guys nie. Antie, later die aand het ons kamer toe gegaan om te gaan slaap, want ons werk die next dag. Daar het alles begin.

Hy het begin om met homself te speel met sy penis wat toe al baie hard was. Ek het op die ander bed gelê en kyk en net gegiggel.

Toe ek weer sien, staan hy op en kom lê langs my en sit sy hand op my move en vryf dit.

Ek is maar net ’n mens en het begin styf raak. Ek het gesê hy moenie, want ek is nie by dit nie.

Omdraai

Hy het gesê ek moet net stil lê en my verbeel hy is my girlfriend. Ek het dit begin geniet, al het ek geweet dis verkeerd.

Antie, toe ek my kom kry, was ek so jags en ek is kaal, terwyl hy my suig. Ek het dit begin likes en was so hoog dat ek hom omdraai en seks van agter af. Antie, ons het heel aand so opgemors.

Ons het van werk verander, maar so af en toe gechat. Toe bel hy my verlede maand en sê hy is hier naby en ons moet meet vir ’n dop.

Ons het ontmoet en is na ’n plek waar daar kamers te huur is. Antie, toe seks ek hom.

Ek bel hom laas week en sê ek moet hom sien by dieselfde plek waar ons was. Hy en ek dink ’n storie uit vir ons vroue en meet.

Toe ons daar kom, was dit soema net seks, seks, seks … Is daar iets fout met my? Is ek gay of is dit ’n fase?

Hy het my nou al twee keer probeer bel, maar ek antwoord nie. Ek voel sleg vir wat ek aan my vrou en kinders doen. – Deurmekaar, WhatsApp

Hierdie is nie ’n maklike situasie nie – Antie verstaan dit volkome. Daar is egter baie meer op die spel as julle pomp-lus vir mekaar.

Soos julle vroue en kinders. Dit is hulle wat van g’n sout of water weet en die seerste gaan kry wanneer die bom die dag gaan bars.

Want die bom gáán bars. Jy het wel nog nie die oproepe van hierdie lover van jou beantwoord nie, maar jy weet jy gaan binnekort weer ingee. En waar gaan julle huwe­like dan opeindig?

Mense gaan seerkry – daar is geen twyfel daaroor nie.

Antie weet die laaste ding wat jy wil doen, is om die mense vir wie jy die liefste is, seer te maak. Maar dan sal jy moet besluit waar jy wil wees.

Daar is niks lekkers aan brood wat aan albei kante gebotter is nie. Try dit maar gerus so eet as jy Antie nie glo nie.

Dink wat jy uit die situasie wil gain, wat dit jou in die sak gaan bring en of jou huwelik of seks met die man die moeite werd is.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters